Goedige kommentaar op talle vergrype

Die Beeld 2013-04-16 23:00

b_175X150_175X150_16777215_0___images_stories_Dogs_Klein_Azanian_Jive_74.6x32.5x7_cm.jpg

Azanian Jive, een van Jaco Sieberhagen se staalwerke in die uitstalling The Carnival (No Dogs Allowed).

Johan Myburg

The Carnival (No Dogs Allowed) Jaco Sieberhagen
Artspace, Johannesburg

In 1759 het die Franse minister van finansies drastiese ekonomiese maatrels ingestel wat veral die rykes sleg getref het.

Op die een of ander manier moes die koste van die Sewejaar-oorlog gedek word. Weens die gestrenge hand van die minister het sy naam sinoniem geword met al wat goedkoop is. Sy naam was Etienne de Silhouette.

In die vroe 19de eeu het monsieur Silhouette in vergetelheid verdwyn, maar sy naam het bly voortleef in n tyd voor fotografie om goedkoop afbeeldings van mense se profiele te maak in die vorm van silhoette.

Benewens profielportrette geknip uit swart papier as aandenkings het di bedryf ook n manier geword om satiriese sosiale kommentaar te lewer. Soos wat veral die Amerikaanse kunstenaar Kara Walker doen.

Jaco Sieberhagen se werk pas in hierdie tradisie veral op n tydstip dat die Europese kredietkrisis wreldwyd n invloed het.

Sy karnavaleske optog verbeeld gekkighede op n manier wat herinner aan di van n hofnar: kommentaar van binne af. Goedige of goedbedoelde kommentaar oor die koning se manewales, vergrype en flaters.

Die aard van die kommentaar is belangrik. Dis bytend, maar goedig, of ten minste vermaaklik. As daar sprake is van woede is dit gedistilleer; van afgryse, dan geraffineer.

Dit is immers die waarmerk van satire.

Sieberhagen wil nie buite staan en van daar sy straaltjie piepie nie. Dis omdat hy mens is en dit deurgaans besef dat die menslikheid in sy werk sevier.

Op di manier noop hy die kyker om kennis te neem van n nare tweeslagtigheid: Kyk ek net na die karnaval of is ek deel daarvan? Sieberhagen wil nie antwoorde bied nie, maar eerder di soort vrae op verskillende maniere vra.

Is ek n onskuldige omstander? Of is ek ook eintlik maar n passasier op n soustrein? Is ek selfs aandadig aan die vergrype wat verbeeld word?

Soos wat kuns moet doen, maak Sieberhagen se werk jou ongemaklik. Dit vermaak, dit noop jou om verder as die voorhande te besin, maar bowenal preek dit nie.

In hierdie jongste uitstalling bou hy voort op die werk wat hy voorheen al in Artspace uitgestal het.

En in die proses herkontekstualiseer hy vorige werk.

Maar hierdie uitstalling verteenwoordig tegnies en konseptueel n gelukkige hoogtepunt in Sieberhagen se werk.

- Tot 30 April